Jeremy Clarkson

Jeremy Clarkson
Clarkson, 2006
Gebore
Jeremy Charles Robert Clarkson

11 April 1960
Doncaster, West Riding of Yorkshire
NasionaliteitVerenigde Koninkryk
BeroepJoernalis, TV-aanbieder
EggenootAlexandra James (t. 1989; skei 1990)
Frances Cain (t. 1993; skei 2014)
"Partner" Lisa Hogan (2017–tans) ​
Kinders3
Ouer(s)Shirley en Eddie Clarkson

Jeremy Clarkson (1960-) is ’n Britse joernalis en TV-aanbieder. Hy is veral bekend vir die program Top Gear, waarin hy die werkverrigting van motors toets. Hy is ook bekend vir sy sterk, allermins politiek korrekte menings.[1]

Hy bied van 1988 tot 2001 die program Top Gear vir die BBC aan. Dit word van 2002 tot 2015 opgevolg met 'n gelyknamige program in 'n nuwe formaat. In 2015 is aangekondig dat die BBC nie sy kontrak gaan verleng nie. Clarkson het na bewering vir Oisin Tymon ('n vervaardiger van die program) geslaan, wat hiertoe aanleiding gegee het. Chris Evans het vervolgens die aanbieder van die program geword. In Augustus 2015 word aangekondig dat Clarkson saam met James May en Richard Hammond die program The Grand Tour vir Amazon se TV-afdeling gaan aanbied.

  1. HAT Taal-en-feitegids, Pearson, Desember 2013, ISBN 978-1-77578-243-8

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy